: Cabaret Fantasia word by die Hoërskool Alexanderweg se Percy Walker-saal van 24 tot 27 Julie om 19:00 aangebied.Foto: verskaf


AS jy nog nie ’n kaartjie vir die Hoërskool Alexanderweg (Alexander Road High School) se musiekblyspel, Cabaret Fantasia gekoop het nie, beter jy nou sommer gou ’n plan maak.

Dit word dié naweek in Geberha opgevoer en sal gewis die triestigheid van die winter wegtoor met allerlei kleurvolle karakters uit ’n afgematte skrywer se pen wie sy eie “genie”, heeltemal eiehandig alles waaroor hy skryf, tot lewe roep.

Aai, wat is die lewe tog sonder liefde, of dit nou vir iemand anders is of selfliefde is, die tema van die produksie draai om die gewilde onderwerp.

Teatergangers sal ’n kans kry om saam met elke karakter op sy unieke reis gaan wat deur musiek, dans en voordrag uitgebeeld sal word.

Sang wat natuurlik ’n groot deel van die opwindende opvoering sal wees, met welbekende liedjies uit kabaretvertonings soos Moulin Rouge, The Greatest Showman, Zootopia, Aladdin the Musical, La La Land, Anastasia the Musical, The Lion King en The Little Mermaid sal vir hope luistergenot sorg.

Meer as 300 leerders uit die die skool se kuns-, musiek- en drama-departemente, van die Kontemporere Groep (Contemporary Band), Masibuyel’embo-sangers, Alex-koor, Glee: Musiekteaterklub, MOVE!: dansklub, Show Band: die Konsertgroep en die blaas- en strykorkeslede is almal deel van die fenominale fantasie-opvoering wat deur ieder en elk geniet sal kan word.

Die leerders wat al die afgelope paar maande kliphard oefen is in die bekwame hande van Amber Burnhams, wat vir die eerste keer die regie sal waarneem met Dario Broccardo as die musiekregisseur en Chireen Ferreria en Rachel Lategan wat die choreografie behartig sal.

Eet- en drinkgoed sal wel te koop aangebied maar teatergangers is welkom om ‘n piekniekmandjie saam te neem.

Cabaret Fantasia word by die skool se Percy Walker-saal van 24 tot 27 Julie om 19:00 aangebied. Vir diegene wat nie die aandvertonings kan bywoon nie is daar ook ’n middagvertoning op 27 Julie om 15:00 wat bygewoon kan word.

Skoolgroepe kan ook vir die vertoning op 25 en 26 Julie wat om 10:30 sal plaasvind, plek bespreek. Die kaartjies kan aanlyn deur Quicket gekoop word en kos R110 per persoon. Leerders kan blokbespreking maak teen R80 elk. Stuur ’n epos aan Colette Ridgway by ridgway.colette@arhs.co.za of skakel die skool by 041 365 1270 vir blokbesprekings of vir inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article