DRAMATIQUE dramaskool gaan ’n Moedersdagtee op 12 Mei om 10:00 by die Laerskool Newtonpark aanbied wat ’n spesiale verassing vir die dames inhou.
Om aspirante jong talent te inspireer, het Dramatique vir Daniah de Villiers uitgenooi om as gaskunstenaar op te tree.
Daniah is ’n gewilde en suksesvolle aktrise wat op die ouderdom van 15 reeds spog met ’n geweldige lys rolprente agter haar naam. Dié lysie groei steeds en sy is tans te sien as Trudie in Binnelanders en in Meerkat Maantuig. Sy is ook te sien in Nul is nie niks nie, Vaselinetjie en die internasionale film Mia and the Lion wat binnekort vrygestel word.
Daniah en haar ouers het in Jeffreysbaai gewoon toe sy as wêreldkampioen in Los Angeles in 2014 aangewys is, maar die Moedersdagtee sal haar eerste Oos-Kaapse optrede wees.
Almal word genooi om die oggend saam met Daniah en haar ma te geniet.
Bespreking kan by Marcelle Sharp by 082 922 6533 gemaak word.





