OUD en jonk het hierdie Vrydag iets besonders om na uit te sien wanneer Doxa Deo Framesby hulle jaarlikse feesmark hou.

Soos enige kerkbasaar van ouds beloof dit om hope pret te wees vir almal. Vir die jongspan sal daar springkastele, gesigverf, teikenskiet, treintjies en trapkarre wees, asook vermaak vir die jong volwassenes.

Daar sal ook vir die ouers se vermaak gesorg word. Hulle kan rustig tussen die vars groente en vrugtestalletjies, wit olifanttafel en padstal-stalletjie rondloop op soek na winskopies. As hul voete ’n effense ruskans nodig het, is die koffiewinkel die ideale kuiergat.

’n Verskeidenheid eetgoed sal ook by die feesmark te koop wees wat ’n spitbraai-ete, sosaties, roosterkoeke, worsrolle, pannekoek, poeding en vele meer sal insluit.

Die Doxa Deo Feesmark sal op Vrydag, 30 November vanaf 16:00 tot 20:00 by die Brymorefasiliteit op die hoek van Brymore- en Kabegaweg plaasvind.

Vir meer inligting kontak Yolande by 041 360 8941.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article