OBED Studios bied volgende week hul Paasproduksie Plek van die Hoofskedel in Port Elizabeth aan.
Dit speel af teen die agtergrond van Jesus se bediening op aarde en eindig met die opstanding van Christus.
Danie Matthee het die teks geskryf en behartig ook die regie met Lynne Gouws as musiekregisseur en die bekende Natascha Tait as choreograaf.
Die rolverdeling bestaan uit meer as 10 talentvolle akteurs, sangers en dansers.
Plek van die Hoofskedel sal vanaf 16 tot 18 April op die verhoog by die Impetus-teater in Circular-rylan opgevoer word.
Vertonings begin saans om 19:00.
Kaartjies teen R80 per volwassene en R50 per kind is vanaf Westway Tickets beskikbaar.
Besoek www.westway.co.za of kontak Helen by 062 597 5657.




