PASTOOR Gerrit Basson, gospel-aanbieder van Bay FM 107.9, en oud-skoolhoof van die Laerskool Môrewag, reik dié week sy sesde CD uit.
Sy nuwe CD, Deo Gloria, bevat 10 geestelike treffers, onder meer, “Mercy rewrote my life”, “Somebody touched me”, “Laat ons lofliedere sing” en “Eer vir Jesus”. Hy het geestelike woorde vir drie sekulêre wy-sies op hierdie album self geskryf.
Basson is vanjaar sewe jaar by Bay FM 107.9 betrokke as gospel-aanbieder met sy program Local is Lekker op Donderdagaande, van 20:00 tot 22:00.
Die CD-bekendstelling vind Vry-dag, 26 Julie, om 19:00 by die Full Gospelkerk in Komgastraat, Sherwood, plaas.
Toegang is R30 vir volwassenes en R15 vir leerders. Al sy CD’s sal be-skikbaar wees en lekker eetgoed sal verkoop word. Die deure open om 18:00.





