DIE Blouwaterbaai Hardloopklub is tans druk besig om voor te berei vir hul 30ste N2 City 15km padwedloop en 5km pretdraf wat eerskomende Saterdag, 18 Januarie, sal plaasvind.
Dié wedloop word ook vanjaar gehou ter herdenking van een van die klublede, Ronnie Clark, wat oorlede is.
Die 15km sal om 06:00 afskop terwyl pretlopers in die 5km om 06:30 sal wegspring. Albei wedlope begin en eindig by N2 City Bluewater Bay.
Die 15km-rekord word steeds gehou deur Ikhamva-atleet Melikhaya Frans (47:04) en Sweedse atleet Fabrienne Schlumpf (54:57).
Laat inskrywings kan nog die oggend vanaf 05:00 gedoen word.
Daar sal ook gelukstrekkings wees. Pryse te wen sluit in drie pare hardloopskoene en geskenkbewyse van Spar.




