In Suid-Afrika is Oktobermaand benewens Geestesgesondheidsbewustheidsmaand en Borskankerbewustheidsmaand, maar dit is ook Vervoermaand, die rede waarom die Wes-Kaapse Departement van Infrastruktuur (DOI) besluit het om hulle geel vloot – die vloot padinstandhoudingsvoertuie – te vernuwe.
Volgens Jandré Bakker, Direkteur Operasionele Ondersteuning, is die bou van doeltreffendheid en interne kapasiteit is belangrik vir die DOI en het hulle die afgelope vyf jaar ‘n vervangingsplan opgestel om die kenmerkende geel voertuie geleidelik te vervang.
“Die resultate spreek vanself: die gemiddelde ouderdom van die geel vloot is met 20 jaar of meer verminder. Die ouderdom van die oudste padskraper in die vloot is van 40 jaar in 2020 tot 18 jaar in 2024 verminder,” het hy gesê.
Die huidige vervangingswaarde van die vloot is R2.8 miljard.

“Die term ‘geel vloot’ verwys na grondverskuiwingstoerusting soos padskrapers, graafmasjiene en ander swaar masjinerie wat in die konstruksie van paaie gebruik word, sowel as wipwaens, watervragmotors en mensevervoerders,” het Bakker gesê.
“Hierdie voertuie is in goudgeel geverf, wat hulle as deel van die provinsiale vloot identifiseer en hulle so sigbaar as moontlik maak. DOI is een van die min provinsiale departemente wat betrokke is by die bou en instandhouding van paaie wat steeds sy eie vloot voertuie en toerusting onderhou. Daar is 11 werkswinkels op plekke regoor die provinsie,” het Bakker bygevoeg.
Die departement het ‘n radionetwerk wat ononderbroke kommunikasie tussen “geelvloot”-voertuie regoor die provinsie moontlik maak, selfs waar daar geen selfoonontvangs is nie.
Die radionetwerk en torings gebruik sonkrag om te verseker dat kommunikasie altyd moontlik bly, selfs op 7 000 m bo seespieël waar daar geen Eskom-krag is nie.
“Oor die afgelope drie finansiële jare het ons meer as R320 miljoen belê in die modernisering en verbetering van ons vloot,” het Bakker gesê.
“Alle nuwe toerusting wat deur DOI aangekoop word, is toegerus met afstandmoniteringstelsels. Hierdie stelsels identifiseer moontlike probleme met die masjinerie deur enjinkragverbruik te monitor.
“Die departement het ook ‘n oliemoniteringstelsel, waardeur oliemonsters by elke diens getrek en geanaliseer word om vroeë identifisering van potensiële mislukkings van sleutelkomponente moontlik te maak,” het Bakker verduidelik.
Dit stel die departement in staat om remediërende stappe te loods voor onklaarraking, wat byna ononderbroke diens moontlik maak.
Sleutelmasjiene wat vervang moet word, is padskrapers, trekker-laaier-graafmasjiene (TLB’s), watervragmotors en klein masjinerie soos nylonsnyers, kettingsae en hoë snyers.
Volgens Bakker het hierdie proaktiewe benadering tot die bestuur van die ouderdom van noodsaaklike masjinerie ‘n sleutelrol gespeel in die optimalisering van DOI se interne padkonstruksie- en instandhoudingsprogram, ten spyte van finansiële beperkings.
Tertuis Simmers, Wes-Kaapse Minister van Infrastruktuur, het gesê DOI bly op hoogte van nuwe tegnologie in sy vlootvervangingsprogram. “Voorbeelde hiervan sluit in die verkryging van elektriese vurkhysers, die installering van radiomoniteringsnetwerke met sonpanele, en die vervanging van die ou Malgas Pont-handgetrekte veerboot met ‘n gemotoriseerde alternatief,” het Simmers bygevoeg.
Terwyl die doel van die vloot vir konstruksie en instandhouding van paaie is, is DOI volgens Simmers, meer as gewillig om sy toerusting beskikbaar te stel om te help tydens noodgevalle en rampe.
“Tydens die vloede wat in 2023 en 2024 plaasgevind het, het die departement graafmasjiene aangekoop om te help om paaie te heropen.
Om na DOI-personeel om te sien, is ook ‘n prioriteit en daarom word die personeel veilig vervoer na waar hulle ook al benodig word. Daar is ook nuwe toerusting ingebring om groter spanproduktiwiteit te ondersteun, soos inlynbrekers en glystuurwaens.
“Wanneer die publiek ons ikoniese ‘geel vloot’ sien, kan hulle hul belastinggeld hard aan die werk sien. Soos met ons belegging in ‘n streng roetine-instandhoudingsprogram vir padinfrastruktuur, verseker die proaktiewe bestuur van ons vloot ook doeltreffende en effektiewe instandhouding van daardie paaie,” het Simmers afgeëindig.






You must be logged in to post a comment.