Want to comment on posts, engage with fellow readers, and submit stories, letters, feedback and more?
Nuus
-
Drakenstein-munisipaliteit verander standpunt oor Bainskloofpas-mosie
Die Drakenstein-munisipaliteit het besluit om ‘n skrywe te rig aan die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit oor die Bainskloofpas se misbruik deur vragmotors, nadat die munisipaliteit ‘n aanvanklike mosie hieroor verwerp het.
-
Veldbrand langs Drakenstein-gevangenis steeds aan die gang
‘n Veldbrand langs die Drakenstein-gevangenis word steeds deur brandbestryders geblus, ten spyte van uitdagende omstandighede.
-
Veldbrand naby Drakenstein-gevangenis deur sterk winde aangewakker
Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit asook die Drakenstein-munisipaliteit se brandweer is ontbied na ‘n veldbrand langs die R301, wat deur sterk wind en digte plantegroei bemoeilik word. Geen strukture is geraak nie.
-
Familie vra dat hooggeregshof vir Chanelle Plaatjies-moordsaak in die Paarl sit
Die familie van die vermoorde 16-jarige Chanelle Plaatjies sê hulle gaan ’n versoek aan die provinsiale direkteur vir openbare vervolging in die Wes-Kaap rig en vra dat die hooggeregshof in…
-
Paarl-sakevroue ontvang erkenning vir uitnemendheid
’n Groot eer het twee sakevroue van die Paarl toegeval toe hulle die afgelope naweek met toekennings vir hul harde werk en bydraes tot die sakewêreld vereer is – nie…
-
Reeks inbrake ruk Franschhoek; gemeenskap weet glo wie is betrokke
Franschhoek ervaar ’n reeks inbrake wat gasteplase teiken. In die jongste voorval op Courchevel is drie gaste vasgebind terwyl rowers tegnologiese toerusting gesteel het. Die polisie ondersoek die saak.
-
Drakenstein sê g’n plan om verlate Wellington-sportterrein in nabye toekoms te restoreer
Die Drakenstein-munisipaliteit het vandeesweek gesê te midde van grootskaalse vandalisme, diefstal en die voortslepende bendegeweld in die gebied kan hy in hierdie stadium nie sê of daar hoop is om…
-
‘Neem raadsvergaderings ook na ander dorpe’, vra Drakenstein-groep
Die Concerned Drakenstein Residents-groep (CDR) het ‘n beroep op die Drakenstein-munisipaliteit gedoen om minstens een keer per kwartaal ‘n raadsvergadering – wat gewoonlik by die munisipale hoofkwartier in die Paarl…
-
Niggies sê weer “nee dankie” vir sosiale media
Twee Drakenstein-inwoners neem deel aan die NoSo-November-veldtog om hulle sosialemediaverbruik vir 30 dae te verminder, met die doel om produktiwiteit te bevorder.










