OIJIOI
‘n Brand het uitgebreek in die Bainskloof area naby die Bainskloofpas. Foto: Verskaf/ Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit

BAINSKLOOF – Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM) se branddienste is tans besig om ’n brand in die Bainskloof area naby die Bainskloofpas te bestry terwyl die pas steeds vir verkeer gesluit bly ná die onlangse swaar reën en oorstromings in die gebied.

Volgens ‘n verklaring die KWDM het die brand hoog in die bergagtige terrein ontstaan en word dit aangevuur deur sterk windtoestande en ’n groot brandstoflading afkomstig van ’n verouderde denneplantasie.

“Drie grondspanne, ondersteun deur die Wynland Fire Protection Association, brandvoertuie en bemanning van die KWDM, is tans aktief op die brandlyn,” het die munisipaliteit gesê.

Volgens die munisipaliteit bly die sterk wind en digte brandstoflading op hierdie stadium die grootste uitdagings vir brandbestryders.

“Die winderige toestande verhoed die gebruik van lughulpbronne.”

Brandbestryders sal volgens die KWDM deur die loop van die middag voortgaan om toestande te monitor en aktief aan die brandlyn te werk.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article