Elsabe Vermeuelen is weer Cloetesville se raadslid na vandeesweek se tussenvierking in Stellenbosch.

Hoewel Stellenbosch se wyk 16 nou deur die Patriotic Alliance (PA) verteenwoordig word, is die raadslid ‘n bekende gesig.

Elsabe Vermeuelen het gister (Woensdag 30 April) “teruggekeer” na haar pos as wyksraadslid vir Cloetesville na dié buurt se tussenverkiesing. Die vakante pos het gekom nadat Vermeulen vroeër vanjaar vanuit die Demokratiese Alliansie (DA) bedank en oorgeloop het na die PA.

Inwoners van Cloetesville was vroegoggend reeds by die Eikestad-stadsaal en die plaaslike laerskool om hul kruisies te trek.

Cloetesville tussenverkiesing 29 April 2026
Gister (Woensdag 29 April) was stemdag in Cloetesville met inwoners wat vroeg reeds in die ry gestaan het om hul kruisie vir ‘n nuwe raadslid te trek. Die vakante pos vir wyk 16 van die Stellenbosch-munisipaliteit het gekom nadat die voormalige raadslid Elsabe Vermeulen, voorheen van die DA, bedank het. Inwoners kon of by die Eikestad-saal of Cloetesville Primêr op die dag stem. Die uitslae van die tussenverkiesing word vandag verwag. Foto: Yaël Malgas

Die buurt het volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika (OVK) 4 748 geregistreerde kiesers. Eikestadnuus het Woensdag met ‘n kieser gesels wat verduidelik het sy het die spetyd vir registrasie gemis en kon dus nie haar kruisie op die dag trek nie. Nietemin het 850 (39.48%) kiesers wel hul stem aan die PA en Vermeuelen gegee.

Die DA het die knië gebuig en was in die tweede plek met 31.44% (677 stemme) van die stemme in die wyk. Die blou-party se kandidaat was Niklaas Willemse.

Hajiera Arnolds, wat vir die eerste keer gestaan het, het 419 (19.46%) stemme vir Good gekry.

LEES OOK: Cloetesville-raadslid verlaat DA, nou PA-lid

Vermeulen het Donderdagoggend vroeg voortgegaan met haar gemeenskapswerk nadat ‘n brand gisteraand in die buurt uitgebreek het waarin een persoon oorlede is. “Die ondersteuning van die gemeenskap is bewys van die werk wat gedoen is. Ons sit hier in ‘n rooi-area, met bendegweld en armoede. Dit breek werklik my hart en ek glo met die PA kan daar werklike verandering kom.

“Dit voel goed,” sê sy oor die oorwinning onder die vaandal van haar nuwe party. Vermeulen sê sy het vertroue dat met harde werk die PA “die kettings kan breek” en die buurt vorentoe neem waar sy voorheen gevoel het sy was nie gehoor nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article