Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks: Diamantveld vaar goed teen Trio

Lara van Niekerk van die Hoërskool Diamantveld se o.19A-netbalspan maak gereed om die bal by Izeldi Jacobs te vang, terwyl Kayla Claasen van Trio tussenbeide tree.

Foto: Reané Lloyd

Veral die eerste netbalspan van die Hoërskool Diamantveld van Kimberley het ’n uitstekende oorwinning in die afgelope naweek se wedstryde in die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks behaal.

Die o.19-netbalspan van Diamantveld het die span van die Hoërskool Trio op Saterdag 16 Maart in Kroonstad met 63 – 19 op Trio se tuisbaan geklop. Diamantveld het in die netbalwedstryde geseëvier deur al 11 die wedstryde wat gespeel is, te wen.

Diamantveld se eerste rugbyspan het ook as oorwinnaar van die veld gestap, met ’n eindtelling van 29 – 27.

Vir dié wedstryd is Tyron Adams van Trio as die man van die wedstryd aangewys. Vir Diamantveld het De Wet du Plooy, Jayden de Klerk, Kyle Taute, Simon Liversage en Carel Viljoen drieë gedruk, met doelskoppe deur Simon en Charl Swanepoel.

Diamantveld het sewe van die nege rugby­wedstryde gewen.

Van die drie hokkie­wedstryde het die meisiespanne een gewen, een gelykop gespeel, en een verloor. Diamantveld se seunshokkiespanne het in die stof gebyt met al drie hul wedstryde.

Die uitslae, met Diamantveld se puntetelling telkens eerste, is:

  • Rugby:

o.19A: 29 – 27;

o.19B: 41 – 10;

o.19C: 54 – 0;

o.16A: 31 – 14;

o.16B: 33 – 0;

o.15A: 0 – 50;

o.15B: 0 – 52;

o.14A: 42 – 5; en

o.14B: 31 – 0.

Clinton Britz van die Hoërskool Diamantveld se o.19A-rugbyspan voer ’n duikslag uit teen Byron Biennas van die Hoërskool Trio, met spanmaat Dewet du Plooy wat nader hardloop.
  • Netbal:

o.19A: 63 – 19;

o.19B: 28 – 7;

o.17A: 29 – 7;

o.16A: 24 – 23;

o.16B: 30 – 3;

o.15A: 28 – 9;

o.15B: 25 – 7;

o.15C: 22 – 6;

o.14A: 22 – 6;

o.14B: 21 – 10; en

o.14C: 16 – 5.

netbal

Lara van Niekerk van die Hoërskool Diamantveld se o.19A-netbalspan maak gereed om die bal by Izeldi Jacobs te vang, terwyl Kayla Claasen van Trio tussenbeide tree.
  • Hokkie (meisies):

o.18A: 1 – 1;

o.18B: 3 – 0; en

o.16A: 1 – 2.

  • Hokkie (seuns):

o.18A: 0 – 6;

o.18B: 0 – 5; en

o.16A: 1 – 3.

Tiaan Coetzee van die Hoërskool Diamantveld se o.19A-seunshokkiespan is kort op die hakke van die Hoërskool Trio se Jandré Spies.

Die volgende wedstryde in die Wesgrow-reeks waarin Diamantveld speel, is op Saterdag 20 April teen die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein.

Die volgende tuiswedstryde vir Diamantveld is op Woensdag 24 April teen die Hoërskool Fichardtpark van Bloemfontein.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article