‘n Aantal rugby-, netbal- en hokkiewedstryde het Saterdag 23 Mei tussen spanne van die Hoërskool Diamantveld en die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein plaasgevind.

Dié wedstryde was deel van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks wat in volle gang is.

Met die eerste rugbyspanne se kragmeting het Jim Fouché ‘n naelskraapse oorwinning van 23 – 22 behaal.

In die wedstryd is Jim Fouché se Johan van Dyk as speler van die wedstryd aangewys. Hy het die vorige naweek nog vir die o.19B-span uitgedraf en het sy insluiting in die eerstespan met albei hande aangegryp.

In die ander rugbykragmetings het Diamantveld se spanne seges behaal:

  • o.19B: 52 – 0;
  • o.16A: 63 – 12;
  • o.15A: 40 – 0;
  • o.15B: 29 – 0;
  • o.14A: 64 – 14; en
  • o.14B: 50 – 7.

Weens nat netbalbane kon ‘n aantal wedstryde nie plaasvind nie. Hierdie A-span wedstryde is tot die derde kwartaal uitgestel.

Van die nege netbalwedstryde wat wel gespeel is, het Diamantveld drie gewen.

Die seunshokkiespanne het twee wedstryde gespeel, waarvan elke skool een wedstryd gewen het: Diamantveld se eerste span het met 2 – 1 gewen, terwyl Jim Fouché se o.16A-span met 2 – 0 ‘n sege behaal het.

Van die vier hokkie-wedstryde wat deur die meisies gespeel is, het Jim Fouché al vier gewen en Masego Phala van Jim Fouché is as speler van die wedstryd aangewys.

Die wedstryd tussen die eerste rugbyspanne van Diamantveld (blou) en Jim Fouché, waartydens Jim Fouché ‘n naelskraapse oorwinning van 23 – 22 behaal het. Keanu Metler en Heinrich Swart (in blou) van Diamantveld probeer Jùan Swart (met die bal) en Johan van Dyk van hul planne laat afsien. FOTO: Verskaf
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article