Die krieketklub Upington College het met al sy vaardighede net-net kortgeskiet om ‘n welverdiende oorwinning oor die elftal van die Upington Lions te behaal.

Tydens diรฉ T20-ZF Mcgawu-eindstryd op 7 Maart op College se veld, het Clifford Senato met ‘n meesterlike beurt van 72 lopies (54b, 7ร—4, 5ร—6) sy span op die drumpel van ‘n oorwinning gebring.

Hy en sy mede openingskolwer en paaltjiewagter, Malcolm Isaacs met ‘n ewe prag-beurt van 47* (51b, 5ร—4), was in 100-vennootskap betrokke maar steeds kon hulle nie hul span oor die wenstreep kry nie.

Die Lions het ‘n manier gevind om die druk op College toe te pas wat in die senutergende wedstryd die deurslag gegee het.

Lions het eerste gekolf en met die goeie bydraes van John Longland se goeie beurt van 54 lopies (42b, 5ร—4, 3ร—6) en Riaan von Waltzleben 33* (21b, 3ร—4) kon hulle tot by 144/6 hul beurt voltooi. William Briekwa 2/24, Angus Steenkamp 2/21 en Angelo Christians 2/11, was College se uitstaande boulers.

Lions wen dus op dramatiese wyse naelskraap met drie lopies, maar ‘n wen is ‘n wen. Nou verskuif die fokus na die 40-boulbeurtreeks wat later vanjaar gaan plaasvind.

LEES OOK: โ€˜Upington-kindโ€™ tans op internasionale rugbytoer as deel van SA o.19-span

Upington Lions krieketspan
Die Upington Lions vier hul oorwinning in die T20-ZF Mcgawu-eindstryd. FOTO: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article