Hennie Viljoen is as die eerste “Tierkop Myl se Tier” – die beste langafstandskut – tydens die onlangse en eerste Tierkop-skietdag aangewys.
Diรฉ ghong-uitdaging is op die skietbaan van Sarel en Mar-Louise du Plessis op die plaas Tierkop aangebied waar skuts hul korrelvernuf oor afstande van 200m tot 1 607m kon uittoets.
Viljoen en sy spanmaat, Japie Moller (Team Titan), was die beste span in die jaggeweer รฉn langafstand-afdeling, sowel as die beste “uiters langafstand”-span. Moller is ook as die beste skut met ‘n jaggeweer aangewys.

TJ Snyman en sy spanmaat, Willem Visser (Willehonde) het ‘n tweede plek in die jaggeweerspankompetisie behaal.
Snyman was tydens ‘n gelukkige trekking ook die wenner van ‘n gratis midweek-of naweekwegbreek in een van ATKV-Buffelspoort se nuut opgegradeerde vierbed rondawels. Hettie Krรผger, vise-voorsitter van ATKV-tak Kalahari het die prys aan hom oorhandig.







You must be logged in to post a comment.