School Rugby

In die afgelope naweek se rugby-, netbal- en hokkiewedstryde as deel van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks, het die Hoërskool Diamantveld op tuisveld teen die Goudveld-Hoërskool van Welkom te staan gekom en uitstekende uitslae in al drie sportsoorte behaal.

Die netbalwedstryde op Saterdag 25 Julie was deurgaans mededingend en is op ‘n hoë standaard beslis, terwyl die hokkie ook opwindende wedstryde opgelewer het.

Diamantveld se seunshokkiespanne was veral indrukwekkend en het al hul wedstryde gewen, terwyl Goudveld se meisiehokkiespanne oorheers het.

Op die rugbyveld het Diamantveld oorheers. Goudveld kon nie daarin slaag om ‘n enkele punt in die loop van die dag se wedstryde aan te teken nie, terwyl Diamantveld se spanne te danke aan aanvallende en gedissiplineerde spel die een oorwinning ná die ander behaal het.

Die eerste span het die dag op ‘n hoogtepunt afgesluit met ‘n uitstekende vertoning, en Goudveld oortuigend met 73 – 0 geklop.

  • Op Saterdag 1 Augustus kom Diamantveld teen Witteberg in Bethlehem te staan, Goudveld teen Fichardtpark in Welkom; Jim Fouché teen Trio in Bloemfontein; en Sentraal teen Bethlehem Voortrekker Hoërskool, ook in Bloemfontein.
MG van Greuning (kaptein) hardloop met die bal. FOTO: Diamantveld / Danie van der Lith
MG van Greuning (kaptein) hardloop met die bal net voor hy oorgeduik het vir ‘n drie met Francois de Boer in die agtergrond. FOTO: Diamantveld / Danie van der Lith
WEsgrow logo
dummy text

Gift this article