Ná meer as twee jaar het Noord-Kaap-rolbal se intersubdistrikte-toernooi weer plaasgevind.
Dit was op 25 en 26 Junie by die Hartswater-rolbalklub en is deur die Intervaal-subdistrik aangebied.
Die Kimberley-subdistrik is die wenner in die vroueafdeling, en die Intervaal-subdistrik die wenner in die mansafdeling.




