Rietfontein netbalspan
Rietfontein se netbalspan neem op Saterdag 14 Junie aan die halfeindronde van die San Development Cup deel. Dié byeenkoms vind by Platfontein buite Kimberley plaas. ‘n Lid van die gemeenskap vertel dat kinders van dié omgewing baie graag sport wil beoefen, maar weens die verafgeleë ligging is hulpmiddels, blootstelling en ondersteuning van elders weining tot geen. Die netbalspan, wat hoofsaaklik uit gr.11- en gr.12-leerlinge bestaan, het onlangs aan die San Development Cup in Askham deelgeneem. Hier was hulle die wenners. Dié reeks word deur die San-raad en die Andries Steenkamp-trust aangebied. Die netbalspan wil graag vir die volgende netbalseisoen in die ZF Mgcawu-netballigga registreer. Daarvoor benodig hulle ‘n borg of geldelike ondersteuning. Diegene wat hulp kan aanbied, kan Gert Eiman by 078 164 2364 bel of ‘n e-pos na eimang676@gmail.com stuur. Foto: Verskaf
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article