scenic view through broken glass window
Ter illustrasie. Foto: Ela Dilara / pexels.com

Ons leef in ‘n wêreld waarin ons dinge meet. Deur die eeue is bestaande maniere verbeter en nuwes is bygevoeg.

Die grootte van aardbewegings word met die Richterskaal gemeet. Ons meet tyd in ure, dae, maande, jare. Ons meet afstand in kilometers en ligjare. Ons meet spoed. Tyd. Afstand. Volume. Omtrek. Deursnee. Hoogte. Breedte.

Ons bepaal hoe hoog ‘n vliegtuig vlieg en hoe sterk die wind waai. Ons meet hoeveel reën geval het.

Dit is moeilik om op iets te reageer of te beplan as jy geen idee van die grootte het nie.

Geboue word opgerig wanneer planne in plek is. Vervoermaatskappye wil weet wat die volume of gewig van die vraginhoud is en die afstand wat dit vervoer moet word. Die meeste dinge kan in ‘n mindere of meerdere mate gemeet word.

Die emosionele skade wat narsiste en ander boelies aanrig is byna onmeetbaar. Dit grens aan die skade wat orkaan Katrina aangerig het.

Eers nadat daar met opruiming begin word, neem die groter prentjie van die geweldige skade vorm aan.

As jy gelukkig is, het ‘n narsis net ‘n draai in jou lewe kom maak en die skade is herstelbaar.

Dit gaan tyd en deursettingsvermoë neem om die opruimingswerk te doen, maar dit is haalbaar.

As jy in ‘n situasie is waar ‘n narsis vir lank, selfs dekades, in jou lewe was, is die skade in baie gevalle tot op die been. Soos die letterlike skade deur orkaan Katrina bly daar nie veel van die eie ek van so ‘n slagoffer oor nie.

Daar moet ‘n nuwe begin gemaak word. Hierdie begin verg opruimingswerk. Omdat dit moeilik is om die skade te meet is dit moeilik om te bepaal hoe lank hierdie opruiming gaan neem.

In sekere gevalle geskied die opruimingswerk relatief vinnig. In ander gevalle langer.

Soms selfs lewenslank.

Lees nog rubrieke hier en hier.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article