Toutrek Kimberley
Credit: Helena Barnard

Toutrek-aksie was die afgelope naweek ‘n hoogtepunt in Kimberley, met ‘n nasionale en internasionale kampioenskap wat plaasgevind het.

Op Vrydag 13 Junie en Saterdag 14 Junie het die ope Suid-Afrikaanse klub senior toutrek-kampioenskap plaasgevind, en op Sondag die geslote internasionale Oceanics-kampioenskap.

Hiertydens het spanne van Suid-Afrika, Lesotho, Zimbabwe, Ghana en Ierland by die Pirates-klub in die stad deelgeneem, met Noord-Kaap Toutrek as die gasheer.

Die amptelike uitslae sal later verskaf word.

In die 560kg-vroue-afdeling het die SA Gazelle se A- en B-span ook teen mekaar meegeding. Hier hou Melanie Botha, afrigter van die A-span, haar span se verrigting dop. Foto: Helena Barnard
Toutrekspanne van Zimbabwe (in groen en geel), en Ghana (in pienk en rooi) meet kragte in die vroue 560kg-gewigafdeling. Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article