Die Noord-Kaapse Diamonds het tot Woensdag (28/06) in die tweede been van die Telkom-netballiga in Pretoria meegeding, gevolg deur die uitspeelwedstryde tot Saterdag. In die stryd teen Queens is Senestie Ponie (met die bal) as die speler van die wedstryd aangewys. By haar is Ninelle Jordaan, kaptein en doelskieter.

Foto: Facebook/Netball South Africa

Die Noord-Kaapse Diamonds het tot Woensdag (28/06) in die tweede been van die Telkom-netballiga in Pretoria meegeding, gevolg deur die uitspeelwedstryde tot Saterdag.

Laas Vrydag het Diamonds 35 – 50 teen Baobabs verloor, en Saterdag 46 – 51 teen Sonoblomo.

Sondag is ’n 50 – 41-sege teen Queens behaal, gevolg met ’n 38 – 43-nederlaag teen Comets.

Diamond Bethenie du Raan is hiertydens as speler van die wedstryd aangewys, en in die stryd teen Queens het Senestie Ponie dieselfde eer ontvang. Ninelle Jordaan, kaptein en doelskieter, is Dinsdag met hul sege van 45 – 39 teen Lilies as speler van die wedstryd aangewys.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article