Behalwe vir ’n paar veranderinge is die eksamenrooster vir vanjaar se matrieks baie soortgelyk as dié van verlede jaar.

Die eindeksamen begin Oudergewoonte begin dit met praktiese eksamens. ’n Totaal van 11 731 matrieks sal Dinsdag 31 Oktober rekenaartoepassingstegnologie (RTT) skryf, en 1 000 inligtingstegnologie (IT) Woensdag.

Die eerste eksamendag is Maandag, 30 Oktober.

Dié matriekgroep se eerste week sal presies dieselfde lyk as hul voorgangers s’n – dit begin met Engels-vraestelle, daarna ekonomie, Afrikaans, geskiedenis en wiskunde. Daar is ’n paar veranderinge In die tweede week wag wiskunde se tweede vraestel op die Maandag, ekonomie se tweede vraestel tydens die middagsessie en daarna die tweede vraestel vir geskiedenis.

Die Vrydag van die tweede week en die Maandag van die derde week bied ’n uitdaging vir leerlinge met fisiese wetenskap en besigheidstudie as vakke. Albei dié vakke se eerste en tweede vraestelle word op dieselfde dae afgelê tydens die oggend- en middagsessie.

Dié wat rekeningkunde en lewenswetenskap skryf, sal klippe kou in week drie en die begin van week vier, wanneer hulle Engels skryf op Woensdag 15 November, rekeningkunde se vraestel een Donderdag, lewens­wetenskap se vraestel een Vrydag en dan lewensweten­skap se tweede vraestel die daarop­volgende Maandag.

Dan volg twee rusdae vir die meeste Afrikaanse en Engelse leerlinge wanneer tale soos Pedi, Sotho, Zoeloe en Xhosa geskryf word.

Afrikaans vraestel twee volg op 23 November en rekeningkunde vraestel twee daardie Vrydag. Dit los dan heelwat tyd om hul Afrikaanse en Engelse opstelle af te handel voordat hulle die penne eindelik neersit.

Die nasionale uitslae-aankondiging sal op 18 Januarie plaasvind, en uitslae sal op 19 Januarie vir leerlinge by hul skool en aanlyn beskikbaar wees.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article