Met ’n onlangse besoek aan die Mokala- Nasionale Park, ongeveer 80 km vanaf Kimberley, het Leon Venter en sy kleinseun Cayden, soos gewoonlik, ’n draai by die Stofdam-uitkykpunt gemaak. Hy vertel dat verskeie voëls en diere water kom drink het. “Terwyl die kameelperde ’n droë plekkie soek om hul staan te kry om by die water uit te kom, kom ’n bokkie van agter die kameelperde aangestap. Aanvanklik het ons gedink dit is ’n rooibokkie, maar groot was ons verbasing om hierdie pragtige rooiribbokram by Mokala teë te kom. ” ’n Eerste vir ons,” sê hy. Mokala is ’n ideale besoekpunt vir dagbesoekers vanuit Kimberley en omgewing, en kan enige dag van die week besoek word.

Foto: Leon Venter

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article