Dié foto is verlede week op die R357 buite Kimberley, op die pad na Douglas geneem. Crystal Robertson, woordvoerder van die departement van paaie en openbare werke, het bevestig dat die afsaag van die grasafdak bo ’n piekniektafel- en banke vandalisme is, en nié ’n herstelprojek deur die departement is nie. Robertson het onderneem dat die departement ’n span sal uitstuur om dit te herstel. Piekniek- of rusplekke soos dié pryk oor die land heen langs paaie. Wat is jou mening oor rusplekke soos dié? Maak jy nog daarvan gebruik? Voel jy dit is te onveilig om langs die pad te stop? Voel jy ongemaklik om daar te stop omdat ander mense hul rommel daar gestrooi het? Stuur jou mening na helena.barnard@media24.com

Foto: Louis Esterhuizen

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article