Die Hoërskool Diamantveld, in samewerking met die Noord-Kaap-krieketunie, bied van 22 tot 25 September ’n topgehalte-skolekrieket­toernooi op die Diamant-ovaal in Kimberley aan.

Topskole van oor die land heen meet kragte: Grey-kollege, St Andrew’s School (albei van Bloemfontein), Paarl Boys’ High, Potchefstroom Volkskool, die Hoërskool Noord-Kaap (Kimberley), die Hoërskool Kalahari (Kuruman) en die Hoërskool Carlton van Heerden (Upington), met Diamantveld wat as gasheer optree.

Die Noord-Kaap-HUB-span neem ook deel. Elke skool bring ’n o.15- en ’n o.19-span.

Dit is die eerste skoletoernooi wat op hierdie internasionale krieketveld plaasvind, en word deur SuperSport Schools uitgesaai.

Die openingswedstryd, tussen Diamantveld en Grey-kollege, vind op 22 September plaas.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article