Hokkiespeler Wesgrow
Ronald Graven van die Hoërskool Diamantveld tydens ‘n vorige hokkiewedstryd. Foto: Verskaf

Skole pak sportreeks met eerste wedstryde aan


Al die rugbyspanne van die Hoërskool Diamantveld het as wenners van die veld gestap tydens die eerste kragmetings van vanjaar se Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks.

Verskeie rugby-, netbal-, hokkie- en tennisspanne van Diamantveld, as die enigste deelnemende skool vanuit die Noord-Kaap, het op 15 Maart in Kimberley kragte gemeet teen spanne van die Hoërskool Witteberg van Bethlehem.

Diamantveld se eerste rugbyspan het met 51 – 21 gewen, met Jonathan Harding wat vyf drieë gedruk het.

Die eerste netbalspan het met 38 – 28 gewen.

Diamantveld se eerste seunshokkiespan het met 2 – 2 gelykop in ‘n naelbytstryd gespeel, terwyl die mei-sies se eerste hokkiespan met die kous oor die kop huis toe gestuur is met ‘n telling van 1 – 9.

Die seuns se eerste tennisspan het met 12 – 0 gewen, en die meisiesspan het met 4 – 8 verloor.

Elri van Tonder van die Hoërskool Diamantveld op die aanval. Foto: Verskaf

Verdere uitslae is soos volg, met Diamantveld se telling telkens eerste:

Rugby: o.19B: 56 – 29; o.19C: 59 – 12; o.19D: 48 – 31; o.16A: 66 – 0; o.16B: 29 – 14; o.15A: 49 – 0; o.15B: 34 – 12: o.15C: 27 – 10; o.14A: 34 – 11; en o.14B: 36 – 3;

Netbal: o.19B: 17 – 19; o.19C: 5 – 14; o.19D: 5 – 21; o.17A teen Witteberg o.19B: 19 – 19; o.16A: 37 – 18; o.16B: 21 – 16; o.15A: 24 – 18; o.15B: 5 – 22; o.15C: 6 – 6; o.15D: 4 – 5; o.14A: 27 – 18; o.14B: 23 – 8; o.14C: 25 – 2; en o.14D: 0 – 8.

Hokkie: o.16A (seuns): 4 – 0; o19B (meisies): 0 – 10; en o.16A: 0 – 4.

Tennis: tweede span (seuns): 10 -3; derde span (seuns): 12 – 0; terwyl die tweede span (meisies) met 2 – 10 verloor het.

Op 22 Maart ontmoet die spanne van Diamantveld en die Goudveld-Hoërskool van Welkom mekaar in dié Vrystaatste stad.

Jaco Beukes van die Hoërskool Diamantveld met ‘n kraglopie in die middelveld. Foto: Verskaf

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article