Die Rooyspan het ’n afgod. Volgens die familie.
Miley die Yorkie is die derde kind in die pastorie en word veel meer as die twee ander honde buite bederf. Sy kan op die hoofbed by die voete lê, skootsit, en as sy baie mooi vra selfs ’n stukkie bederf direk vanaf die etenstafel kry.
Sy is so hoog op Rooyma se liefdeslys sy het selfs kwalifiseer om saam wintervakansie in Musina te geniet.
Maar o weë, die GrootRooy-ouers se twee worsie-reune was skoon bedwelmd oor die skoonheid en sou enigiets doen om met haar kennis te maak.
Rooymamma het die orige honde van haar prinses probeer skei en weghou, maar eindelik het hul behoefte die oorhand gekry.
Ses weke later het Miley se maag geswel – en dit was nie omdat sy ’n klip ingesluk het nie.
Sussie het gedink een van die buitehonde is die pappa omdat sy die ooreenkoms tussen die babatjies en kruisinghond kon sien. Rooyouers verduidelik die pappa is by Oupa en Ouma Bos.
Daar en dan moes die Rooyspan die pa, vermoedelik Filistyn, gaan haal.
Rooymamma gooi wal.
“Filistyn weet nie van die babas (Dawid en Goliat gedoop) nie en gee nie om dat sy kinders hier is nie.
“O no, he attacked her,” sê Kleinste en begin treur vir die pappalose hondjies.
Afgod, Bederf, Prinses of nie – volgende jaar hou die Rooyspan hondloos vakansie, want vakansieromanse tussen honde het gevolge.



