’n Man van Bergsig in Springbok is verlede week in hegtenis geneem vir beweerde onwettige skroot­metaal­bedrywighede.

Die 62-jarige man is van die oortreding van die tweedehandse- en skrootmetaal-handelaarswet aangekla.

Brig. Schalk Andrews, Namakwa-distriksbevelvoerder, het beklemtoon dat die handel in gesteelde goedere ’n misdaad is.

  • In ’n onverwante voorval in Kuruman is verdagtes wat koperkabels van meer as R35 700 by ’n skrootwerf afgelaai het, in hegtenis geneem vir beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article