Jaiden Faviers van die Sol Plaatje-universiteit.
Jaiden Faviers (in rooi) van die Sol Plaatje-universiteit, stoei om ‘n bal op die grond. Foto: TKPhotography Credit: Foto: TKPhotography

In ronde vyf van die FNB Varsity Shield-beker het die span van die Sol Plaatje Universiteit (SPU) Vrydag 14 Maart ‘n laat-oorwinning van 39 – 33 oor die span van die Universiteit van Fort Hare (UFH) op die Davidson-stadion in Alice behaal.

Twee drieรซ van Jaiden Faviers van die SPU het die UFH-aanhangers se harte gebreek, en het daartoe gelei dat die Noord-Kaapse span hul tweede oorwinning in die reeks behaal het.

Jaiden Faviers van die Sol Plaatje-universiteit.
Jaiden Faviers (in rooi) van die Sol Plaatje-universiteit, stoei om ‘n bal op die grond. Credit: Foto: TKPhotography

In die eerste helfte het albei spanne kop aan kop gebly, en nadat die SPU-span ‘n dooiepunt gebreek het, was die puntetelling nรก die eerste helfte 19 – 12 in die Gemmies se guns.

Drie drieรซ is in die tweede helfte gedruk, maar Khanya Kama van die SPU se skopstewel het sy span bevoordeel.

Een minuut voor die eindfluitjie moes blaas, het Faviers ‘n drie gedruk.

Khama is weer ‘n keer as die FNB Player that Rocks aangewys, met Faviers wat beskryf is as ‘n speler, wat beรฏndruk.

Die SPU is vyfde op die punteleer.

Hul volgende Varsity Shield-wedstryd is op Vrydag 21 Maart teen die FNB Madibaz van die Nelson Mandela-universiteit op die Madibaz-stadion in die Oos-Kaap.

Griekwas knip Valke se vlerke

Intussen het die Griekwas ook Noord-Kapenaars trots gemaak deur Vrydag die Valke met 68 – 15 op hul tuisveld, die Suzuki-stadion in Kimberley, te klop.

Marco de Witt druk ‘n drie tydens die Griekwas se wedstryd op Vrydag teen die Valke. Foto: Griekwas

Met halftyd het die Griekwas met 33 – 10 voorgeloop.

Met nog ‘n sege op hul kerfstok het die Griekwas, as die verdedigende kampioen van die SA Beker-reeks, hul onoorwonne status behou.

Die Griekwas, Griffons en Pumas is nรก twee rondes van die reeks saam bo-aan die puntelys met tien ligapunte, maar die Griekwas het die beste punteverskil met 112.

Vrydag 21 Maart om 15:00 meet die Griekwas kragte teen die Border Bulldogs in Mdantsane.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article