Die Namakwalandse madeliefies wat vroeër vanjaar in Ons Tuin, die onlangs gevestigde “kliptuin” langs die N14-kruising in Kakamas gesaai is, begroet besoekers met volle blom, en ook aalwyne bring spatsels rooi, oranje en geel. Reisigers onderweg na die blommeskouspel elders in die Noord-Kaap kan reeds hier hul eerste blommefoto’s neem. Ons Tuin is deur betrokkenes van die Kakamas Belangegroep beplan en uitgelê op ’n stuk grond wat vroeër ’n rommelbestrooide onooglikheid was.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article