Wolkformasies. Foto deur Albertus Horn
November, die warmste maand van lente in die suidelike halfrond, het aangebreek. Dae is meestal goed warm, terwyl nagte steeds ‘n koeligheid bring. Lentereën het al plek-plek uitgesak, soos hier in die Daniëlskuil-distrik in die Gamagara-rivier se opvangsgebied. Met die “reënwind” wat byna daagliks waai, en stormselle soos dié wat vorm, bly die hoop vir goeie somerreën. Vir Kimberley is die gemiddelde minimum en maksimum temperature tot Dinsdag onderskeidelik 16,6°C en 29,3°C. Vir Kuruman is dit onderskeidelik 14°C en 24°C, terwyl die kwik in die Upington- omgewing van 19°C tot 31°C wissel en in Springbok van 17°C tot 30°C. Dit is volgens die weerdiens yr.no. Verspreide donderbuie word vir Vrydag oor die hele gebied voorspel. FOTO: Albertus Horn, natuurfotograaf

Wolkformasies. Foto deur Albertus Horn
November, die warmste maand van lente in die suidelike halfrond, het aangebreek. Dae is meestal goed warm,
terwyl nagte steeds ‘n koeligheid bring. Lentereën het al plek-plek uitgesak, soos hier in die Daniëlskuil-distrik in die Gamagara-rivier se opvangsgebied. Met die “reënwind” wat byna daagliks waai, en stormselle soos dié wat vorm,
bly die hoop vir goeie somerreën. Vir Kimberley is die gemiddelde minimum en maksimum temperature tot Dinsdag onderskeidelik 16,6°C en 29,3°C. Vir Kuruman is dit onderskeidelik 14°C en 24°C, terwyl die kwik in die Upington-
omgewing van 19°C tot 31°C wissel en in Springbok van 17°C tot 30°C. Dit is volgens die weerdiens yr.no. Verspreide donderbuie word vir Vrydag oor die hele gebied voorspel. FOTO: Albertus Horn, natuurfotograaf

KYK OOK: Capturing the Blood Moon rising: A photographer’s journey

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article