Vervalle gebou
Vervalle geboue, met ‘n skoonheid in hul verweerde toestand, wys op tye wat vir altyd verby is. Dit simboliseer die veranderlike wat deur tyd meegebring word, wat nie geduld of empatie het om toentertydse inspirasie en herinneringe saam te sleep nie. Ene Angela Abraham het geskryf: “First came the sunshine into the abandoned building, then came the nesting birds and sheltering animals of the woodland. And whom is to say that it is then abandoned? For nature will always flourish in such spaces.” Hierdie vervalle gebou in Kenilworth-weg in Kimberley, tussen die voormalige skouterrein en die historiese Gladstone-begraafplaas, was glo deel van ‘n stalkompleks vir diere wat aan skoue deelgeneem het. Hier gedy onkruid deurhoogte en groei bome onverstoord. Haweloses skuil waarskynlik hier teen natuurelemente, en rondloperhonde snuif-snuif aan rommel wat mildelik gestrooi is. Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article