zebras in Mokala
Zabras in die Mokala- Nasionale Park. Foto: Leon Venter

zebras in Mokala
Met ‘n onlangse besoek aan die Mokala- Nasionale Park naby Kimberley het Leon Venter en sy kleinseun Cayden by Dries se Gat op heelwat zebras, blouwildebeeste, springbokke, en meer afgekom wat besig was om water te drink. “Ons het daar vir ‘n tydjie vertoef. ‘n Trop zebras wat reeds water gedrink het, stap toe terug veld toe, maar naby ons kom hulle skielik gelyk tot stilstand so asof hul ‘instrukteur’ halt geroep het. Almal staar toe in ons rigting,” vertel Venter. Hy sรช al die diere het besonder gesond gelyk en was dit weer eens ‘n plesier om in Mokala te gaan ontspan. Het jy ‘n foto wat jy graag wil deel? Stuur dit na helena.barnard@novusmedia.co.za Foto: Leon Venter

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article