Kimberley Station
Kimberley word sedert sy ontstaan met treine vereenselwig, hoewel dié wat deesdae deur die stad ratel, nie meer stoom soos in die volksliedjie van ouds nie. Die eerste trein in Kimberley het nog voor die oprigting van die stasiegebou, op 28 November 1885, sy verskyning gemaak. Dit was die dag toe die spoorlyn tussen De Aar en Kimberley amptelik geopen is. Volgens ‘n plasing op die Facebook-blad van die McGregor-museum was dit ‘n bloedige warm somersdag in Kimberley, maar steeds het ‘n groot skare opgedaag om dié trein te sien, wat met twee ure vertraag was. Uiteindelik, ná die aankoms, is gaste na die markiestent vir middagete. Teen dié tyd was dit onleefbaar warm binne die tent. Die brandweer het die tent met water bespuit om dit af te koel, en in dié proses het talle gaste sopnat geword. Kimberley se stasiegebou is amptelik op 31 Julie 1886 geopen. In die ruimte waar die Transnet Transport Museum tans by die stasie gehuisves word, was eens die spoorwegrestaurant en kafee, en ook ‘n poskantoor. Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article