Blom in winterson
‘n Koue front het verlede week en die afgelope naweek ysige spore oor die Noord-Kaap getrap. Tog hou hierdie Namakwalandse daisies, in ‘n straat in Groblershoop, hul gesigte na die son gerig, en blom met oorgawe. Die tyd van die blomseisoen in Namakwaland is gewoonlik Augustus en vroeg September, maar dit is nie ongewoon om reeds vroeg Julie blomme plek-plek op te merk nie. Hoewel ‘n koue front nie vir die komende week en naweek voorspel word nie, bly die temperature in NoordkaapBulletin se verspreidingsgebied laag, met ‘n gemiddelde minimum van 4˚C en maksimum van 15˚C vir Kimberley; vir Kuruman onderskeidelik 3˚C en 14˚C, en vir Upington 5˚C en 16˚C. Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article