Dié plant met kleurige, miniatuur rissies, moontlik die Bolivian rainbow of Chinese five colour, is ’n gewilde sierplant in menige tuin en word veral al langs beddingrande geplant. Die plant dra byna voortdurend klein rissies, wat onder meer pers, rooi, geel en oranje is, en saam met sy wit blommetjies bied dit ’n kleurskouspel. Dit groei ook goed in plantpotte.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article