Paarl Post

Bolandse rugbylegende en oud-Springbok sterf weens hartaanval

Cornal Hendricks is hier in aksie as vleuel vir die Springbokke tydens ‘n wedstryd teen die All Blacks in Johannesburg op 25 Julie 2015. Foto: AFP

Rugbyliefhebbers van oor die land heen het Donderdagoggend 15 Mei wakker geword met die hartseernuus dat die oud-Springbok-vleuel, Cornal Hendricks, Woensdagaand vermoedelik weens ‘n hartaanval op 37-jarige-ouderdom afgesterf het.

Hendricks, ‘n boorling van die Paarl wie sy hoรซrskoolloopbaan by die Bergrivier Sekondรชre Skool in Wellington voltooi het, het in 2008 sy buiging tot professionele rugby gemaak toe hy ‘n kontrak met die Boland Kavaliers geteken het.

In 2012 sluit hy aan by die Vrystaatse Cheetahs en dis juis hier waar sy talent raakgesien en hy in 2014 in die Springbok-span opgeneem is.

Hy het die Springbokke in 2014 en 2015 in altesaam 12 toetse as vleuel verteenwoordig.

Hendricks het ook vir die Blitzbokke, die Suid-Afrikaanse sewespan, asook vanaf 2019 tot onlangs vir die Bulle, uitgedraf.

Hendricks het tussen 2019 en Oktober verlede jaar vir die Bulle uitgedraf.
Hendricks het tussen 2019 en Oktober verlede jaar vir die Bulle uitgedraf.


Paarl Post het voorheen berig dat Hendricks in 2015 met ‘n harttoestand gediagnoseer is.

Hy in 2019 na die rugbyveld teruggekeer na drie jaar van rehabilitasie en mediese konsultasies.

Benewens sy professionele loopbaan het hy ook graag teruggeploeg in sy gemeenskap deur inisiatiewe soos die Cornal Hendricks-stigting. Die stigting sou dikwels rugbyklinieke by veral landelike skole aanbied.

โ€œEk onthou nog my skoolrugbydae soos gister. Ek het baie pret gehad, maar ek het groot gedroom.

“Julle is die rolmodelle en leiers van die toekoms. Gebruik julle kanse in die lewe en julle sal suksesvol wees,” het Hendricks aan leerlinge tydens ‘n rugbykliniek by die Newton Primรชre Skool in Wellington in Mei 2018 gesรช.

In Oktober verlede jaar het Hendricks sy kontrak met die Bulle beรซindig om terug te keer na die Boland Kavaliers.

Die idee was dat hy sy rugbyloopbaan daar sou afsluit.

Hou Paarl Post dop vir meer.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article