
Neem elke Saterdag gratis aan parkrun deel en stap of draf 5km terwyl jy slegs teen jouself meeding.
Dit begin om 07:00 of 08:00, afhangend van elke ligging se reëlings.
In die Noord-Kaap word parkrun-geleenthede by die volgende plekke aangebied:
- Die Kimberley-parkrun, by Rooifontein;
- die Lieberwalt Farm-parkrun, by Vanderkloof;
- die Kathu-parkrun, by die perdeklub;
- die Upington-parkrun, in Middelpos;
- die Aggeneys-parkrun, by die Lemoenplaas-kampeerterrein;
- die Springbok-parkrun, by die gholfbaan;
- die Port Nolloth-parkrun, by Kai Kai; of
- vind uit hoe om ‘n parkrun-geleentheid in jou dorp te begin.
In die vakansie vind parkrun steeds elke Saterdag plaas.
Besoek parkrun.co.za vir inligting, en bekyk die landkaart vir plekke oor Suid-Afrika heen waar jy selfs in die vakansie gratis aan ‘n parkrun kan deelneem.
LEES OOK: ‘Delta Dieter’ mik vir 800 parkruns ná 600 kafgedraf is





You must be logged in to post a comment.