“Wanneer dahlias in volle blom is, is dit nie net โmooiโ nie. Dis oorweldigend. Dis vreugdevol. Dis die soort skoonheid wat jou stilmaak.” Sรณ vertel Mareli Visser wat vanaf 18 tot 21 Maart saam met haar span aan die roer van sake van die eerste Love Dahlias-fees in Douglas is.
Mareli, gebore en getoรซ in Douglas, kweek reeds vir vier jaar dahlias en bedryf ook ‘n aanlynbolwinkel in diรฉ Noord-Kaapse dorp. Sy is veral bekend as die Koekedoor-wenner van 2015, skrywer van verskeie boeke, insluitend die broodresepteboek, Uitgerys, en voormalige TV-aanbieder van “Die Koektannie” op VIA TV.




Die blommeprag wat sy telkens op haar boetiekblomplaas beleef, het haar geรฏnspireer om die ervaring een keer per jaar behoorlik tydens โn fees te deel.
Blomliefhebbers, tuiniers, skeppende siele en elkeen wat blomme waardeer, word genooi om diรฉ piekblomseisoen te beleef. ‘n Groot verskeidenheid aktiwiteite – onder meer werkswinkels en uitstaande kulinรชre ervarings tydens bespreekte etes – word aangebied. Kaartjies vir van die aktiwiteite is reeds uitverkoop, en belangstellendes word aangeraai om die webwerf te besoek vir meer detail en meer oor die program.
Dagbesoekers, wat bloot net die fees wil besoek om die blommeskouspel te beleef, is welkom. ‘n Koffiewinkel en ‘n mark-area is onder meer beskikbaar.
Die fees begin daagliks om 08:00 en duur tot ongeveer middernag.
Alle opbrengste uit die kaartjieverkope is ten bate van die Hoรซrskool Douglas om die skool en die plaaslike kinders wat die dorp sy gees gee, te ondersteun.
- Besoek lovedahlias.com of die Facebook-blad Love Dahlias vir die volledige program, aktiwiteite waarvoor kaartjies benodig word, hoeveel kaartjies nog beskikbaar is, en meer.
LEES OOK: Love Dahlias Festival: Experience a blooming adventure in Douglas






You must be logged in to post a comment.