’n Groepie swartwitpense bekyk in alle rigtings rustig hul omgewing op die Rooifontein-wildsplaas buite Kimberley. ’n Volwasse swartwitpensbul is onder meer bekend vir sy lang, agteroor geboë horings, wat tot 155 cm lank kan word, asook sy kenmerkende swart en wit. Die koei se bo-flank is rooibruin, en dit word donkerder hoe ouer sy word. Jong bulle het ’n kastaiingbruin kleur. Swartwitpense vorm troppe van tien tot 30 koeie en kalwers, wat deur ’n enkele bul gelei word.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article