Vullisterreine wat nie aan die minimum vereistes voldoen nie, kragprobleme en stukkende straatligte is van die probleme waarop die nuutverkose bestuur van AfriForum se Kathu-tak hul fokus plaas. Die nuwe bestuur verteenwoordig die gemeenskap van Deben, Olifantshoek en Kathu.
Die bestuur is Johan Snyman (voorsitter), Annatjie Snyman (sekretaris), Hennie van der Merwe (omgewingsake), Yolandi van der Merwe (toerisme), Marius de Klerk (veiligheid), Heinrich Nortje (ondervoorsitter), Elanie Nortje (tesourier), Jan-Daniël Cruywagen (plaaslikeregeringsake), Dewald van Vuuren (projekte) en Johnrich Nortje (jeug).
Die nuutverkose bestuur van AfriForum se Kuruman-tak bestaan uit Ettiene Louw (voorsitter en buurtwagleier), Machiel Jacobus du Plessis (ondervoorsitter en beampte vir omgewingsake), Corné Kruger (sekretaris en beampte vir plaaslikeregeringsake) en Ansie Cilliers (tesourier).







You must be logged in to post a comment.