Tydens die onlangse konferensie van die VLV Sirkel Kalahari, wat uit die takke van Kuruman, Vryburg en Reivilo bestaan, was dr. Danie Langner van die FAK die hoofspreker – en in sy boodskap kon die vroue hoop vir die toekoms put. In sy toespraak het hy verskeie voorbeelde uit die Afrikaner se geskiedenis genoem wat illustreer dat vroue die ruggraat van ‘n volk is, dat vroue standvastig bly staan te midde van lyding, en in krisistye aan God vashou. Nellie Viljoen (sekretaris en argivaris van die VLV Sirkel Kalahari) het ‘n gedenkkoevert van die Voortrekker Eeufees in 1938, wat aan haar ma behoort het, aan Langner oorhandig om in die museum by die Voortrekkermonument, waar hy betrokke is, bewaar te word. Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article