Die derde rugbyspan van die Hoërskool Diamantveld het ook met Goudveld-Hoërskool afgereken. By die span is Rudi Janse van Vuuren (links), Jacques Swanepoel (middel) en Eddie Lightfoot (regs). Foto: Verskaf

Die rugbyspanne van die Hoërskool Diamantveld van Kimberley het dié van Goudveld-Hoërskool van Welkom in die stof laat byt tydens hul onlangse kragmeting as deel van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks.

Rugby-, netbal- en hokkiespanne van die twee skole het mekaar op Vrydag 21 Maart in Welkom ontmoet.

Op die rugbyveld het Diamantveld se eerste span stof in Goudveld se oë geskop met ‘n halftydtelling van 27 – 3, en ‘n eindtelling van 46 – 11.

Jaco Beukes van Diamantveld, speler van die wedstryd, het die Gouties deur die loop van die wedstryd op hul tone gehou.

Die derde rugbyspan van die Hoërskool Diamantveld het ook met Goudveld-Hoërskool afgereken. By die span is Rudi Janse van Vuuren (links), Jacques Swanepoel (middel) en Eddie Lightfoot (regs). Foto: Verskaf

Op die hokkieveld het die eerste seunshokkiespanne gelykop met 2 – 2 geëindig, terwyl Diamantveld se meisieshokkiespanne sonder ‘n oorwinning huiswaarts gekeer het met 0 – 3 (eerstespan), 0 – 5 (tweedespan) en 0 – 1 (o.16A).

Die eerste en tweede netbalspan het nie deelgeneem nie weens ‘n netbaltoer, en gaan op Dinsdag 8 April kragte meet.

Uitslae van die ander wedstryde, met Diamantveld se telling telkens eerste:

Rugby:

o.19B: 45 – 3;

o.19C: 32 – 5;

0.16A: 62 – 0;

o.16B: 16 – 0;

o.15A: 49 – 6;

o.15B: 10 – 7;

o.14A: 52 – 0; en

o.14B: 58 – 5.

Netbal:

o.19C: 11 – 12;

o19D: 11 – 25;

o.17A: 39 – 8;

o.16A: 35 – 8;

o.16B: 44 – 7;

o.15A: 33 – 11;

o.15B: 15 – 6;

o.15C: 16 – 1;

o.14A: 49 – 13;

o.14B: 34 – 5; en

o.14C: 25 – 3.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article