Die drie skuts van die Hoërskool Upington is van links Janko Botma, Johan Serfontein en Martin Kotzé.

Foto: Verskaf

Leerlinge aan die Hoërskool Upington het einde Februarie aan hul eerste ligaskietkompetisie deelgeneem en baie goed gevaar.

Johan Serfontein het ’n algehele eerste plek in sy ouderdomsgroep behaal. Hy het ’n goue medalje in die o.14-veergeweer, drie-posisie (384), verwerf, asook in die 10 m-staan (258).

Janko Botma het ’n algehele tweede plek behaal en ’n silwermedalje in die o.21-sportergeweer, drie-posisie (542), verwerf, asook in die 10 m-staan (339).

Martin Kotzé het ’n algehele derde plek gekry, met ’n silwermedalje in die o.21-veergeweer, 10 m-staan (299).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article