Lede van die Kathu en Kuruman-fotografieklub wat die onlangse werksessie in portretstudies bygewoon het. Van links is, voor: Hettie du Plessis-Krüger, Cobus Grobler en Dawn Grobler

Fotograwe van die Kathu en Kuruman-fotografieklub het onlangs ’n praktiese werksessie in portretstudies bygewoon.

As deel van die praktiese toepassing is ’n plaaslike model, wat internasionale roem verwerf, by die Moffat-sendingstasie afgeneem.

Dreshni French, ’n gr. 11-leerling aan die Hoërskool Kalahari, is ook ’n gewilde loopplankmodel.

Sy is boonop genooi om in Julie aan die International Modeling and Talent Association (Imta) se byeenkoms in New York deel te neem.

  • ’n Werksessie in makro­fotografie word vir Junie beplan. Belangstellendes kan Leandri Ludik, klubvoorsitter, by 082-712-8070 bel.

Fotograwe in aksie by die Moffat-sendingstasie.

Dreshni French

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article