Die 17-jarige Lennie Fransman van Louisvaleweg buite Upington word sedert 1 Augustus vermis.

Foto: Verskaf

Die publiek se hulp word gevra in die soektog na die 17-jarige Lennie Fransman van Louisvaleweg, Upington.

Lennie is op 1 Augustus laas saam met vriende in Louisvaleweg gesien. Die SAPD in Upington het inligting ontvang dat sy in Rosedale gesien is, maar die polisiesoektog daar was vrugteloos. 

Enige persoon met inligting oor waar Lennie haar moontlik kan bevind, kan AO Cinthy van Zyl by 082-330-4478 bel. Inligting sal as vertroulik beskou word.

Intussen is daar geen nuwe inligting bekend oor die vyfjarige Lee-Virno van Wyk wat op 31 Mei spoorloos verdwyn het nie. Op dié dag het hy saam met sy niggie en ander kinders in ’n veld langs die Skierlik-woonbuurt in Louisvaleweg gespeel. Van die kinders is later huis toe, maar Lee-Virno het agtergebly om verder te speel. Toe sy ma omstreeks 16:00 van die werk af gekom het, het sy tevergeefs na hom begin soek.  

Verskeie eenhede van die polisie, asook gemeenskapsorganisasies was by ’n daelange soektog betrokke, met geen sukses. 

Die SAPD herinner die publiek daaraan dat geen wagperiode bestaan om ’n vermisde persoon aan te meld nie. So ’n persoon moet onmiddellik as vermis by die polisie aangemeld word. 

vermis

Die vyfjarige Lee-Virno van Wyk is reeds sedert 31 Mei vermis.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article