’n Man van Bergsig in Springbok is verlede week in hegtenis geneem vir beweerde onwettige skrootmetaalbedrywighede.
Die 62-jarige man is van die oortreding van die tweedehandse- en skrootmetaal-handelaarswet aangekla.
Brig. Schalk Andrews, Namakwa-distriksbevelvoerder, het beklemtoon dat die handel in gesteelde goedere ’n misdaad is.
- In ’n onverwante voorval in Kuruman is verdagtes wat koperkabels van meer as R35 700 by ’n skrootwerf afgelaai het, in hegtenis geneem vir beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur.




