Die opruimingsprojek in Olifantshoek, wat Maandag (10/07) ’n aanvang geneem het, duur nog tot Vrydag, en enigeen is welkom om in te spring of ’n bydrae te lewer.

Henriëtte du Plessis, burgemeester van die Gamagara-munisipaliteit wat Olifantshoek insluit, sê daar word onder meer opgeruim, geverf, en plante geplant.

Du Plessis het Dinsdag self gehelp om vullis wat opgetel is, weg te ry. Die opruimingsprojek word in samewerking met die Olifantshoek-sakekamer, die plaaslike munisipaliteit en talle ander betrokkenes bedryf.

Mense wat betrokke wil raak, kan op dié dae om 08:00 by die munisipaliteit byeenkom.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article