Soos in vorige jare sal belowende o.13-krieketspelers weer in aksie wees in die Laerskool Staats se jaarlikse Staats Pro 20-aandreeks.

Foto: Verskaf

Die Staats Pro 20-aandreeks, waarin 14 krieketspanne van laerskole oor die Noord-Kaap heen mekaar die stryd aansê, kom die naweek tot ’n einde met die halfeind- en eindronde wat gespeel word.

Dié reeks word jaarliks deur die Laerskool Staats in Kimberley aangebied.

Soos in vorige jare sal belowende o.13-krieketspelers weer in aksie wees in die Laerskool Staats se jaarlikse Staats Pro 20-aandreeks.

Wedstryde in die halfeindronde vind Vrydag 3 November by die krieketvelde van die Laerskool Staats en die Laerskool Newton plaas.

Die eindronde se wedstryde word Saterdag 4 November by die Laerskool Staats gespeel.

Oor ’n tydperk van ongeveer ses weke is beleef hoe verskeie skole se krieketspelers in uitsonderlike spelers met briljante talent ontwikkel, en uitstekende uitslae op die krieketveld behaal, sê Staats. Die eerste wedstryde is reeds in die week van 26 September gespeel.

Sedertdien het elke span die geleentheid gekry om ses wedstryde te speel. Tydens die naweek ding die krieketspanne in die beker-, plaat- en skild-halfeindronde teen mekaar mee.

Die o.13-spanne van die volgende skole is betrokke:

  • Laerskool Staats (wenner in 2014);
  • Laerskool Newton (wenner in 2015, 2018 en 2022);
  • Laerskool Seodin (wenner in 2019);
  • Laerskool Eureka (wenner in 2012 en 2013);
  • St. Patrick’s CBC;
  • Kimberley Junior School;
  • Laerskool Futurum Akademie;
  • Laerskool Jacobsdal;
  • Laerskool Op Die Voorpos;
  • Laerskool Oranje-Noord;
  • Laerskool Kathu;
  • HC Rose Hub;
  • Frank Roro Hub; en
  • Yorkshire Hub.

Die punteleer, asook Vrydag se bepalings, is soos volg:

Die finale punteleer en bepalings.

Die naweek se wedstryde beloof om ’n feestelike geleentheid met jong, belowende krieketspelers in aksie te wees.

Choctaw Spur, die Hoërskool Diamantveld, NTLO Signs en Noord-Kaap Krieket (NKK) is by die reeks betrokke. Die skool nooi alle Noord-Kaapse krieketliefhebbers uit om die aandreeks by te woon en te ondersteun.

Vir meer inligting, bel Matthew du Plessis by 076-783-7718.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article