Saam met die hitte wat normaalweg in Februarie beleef word, het welkome reën oor dele van die Noord-Kaap en omliggende gebiede uitgesak. Op 7 Februarie het dit 70 mm op die plaas gereën, laat weet Karen Venter van Lill van die Petrusburg-omgewing op die Facebook-blad Reënval SA. “Die sonneblomme en mielies juig”, skryf sy. Rietta Engels van Copperton skryf dat hulle op dié dag 25 mm in ongeveer 15 minute gehad het, en Gertjie Taylor skryf “Kimberley is geseën met heerlike sagte reën sonder swaar weer”. Mac Eiman laat weet vanaf Groot Mier dat dit daar reën, en Mark J. Erasmus skryf dat dit lanklaas so in Kimberley gereën het. Naby Olifantshoek, het Reinet Pretorius laat weet, het dit 55 mm gereën.

Foto: Karen Venter van Lill/Facebook Reënval SA

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article