Die afgelope naweek se kragmetings in rugby, netbal en hokkie tussen die Hoërskool Diamantveld van Kimberley en die Hoërskool Fichardtpark van Bloemfontein, is in goeie gees gespeel en strawwe kompetisie het vir ’n besonderse sportnaweek in die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks gesorg.

Wedstryde is in Kimberley gespeel, en Diamantveld is trots op sy eerstenetbalspan wat ongeag ‘n uitdagende seisoen, ‘n oorwinning van 41-32 oor Fichardtpark behaal het.
LEES OOK: How Craven week stars are picked: Is there a better way?
Ook die eersterugbyspan het as oorwinnaars van die veld met ‘n sege van 40-15 gestap. Die rugby- en hokkiespanne van Diamantveld het ook goeie resultate opgelewer, en nog wedstryde het Maandag plaasgevind.
- Diamantveld se volgende kragmeting in die Wesgrow-reeks is op Saterdag 23 Mei wanneer hulle teen die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein te staan kom.









You must be logged in to post a comment.